
If you DO understand Afrikaans, Ag, SO - RRY!
/www.boerseun.com
Die pennevrug van prof. Johan Combrinck, voormalige Voorsitter van die Taalkommissie van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns.
DIE UNIEKE AFRIKAANSE “FOK”
Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die leenwoord fok en sy familie.
Dis ‘n towerwoord wat, bloot deur sy klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.
Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.
Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul),
en as onoorganklike werkwoord (Aag fok),
as bevel (Fok dit!),
in die bedrywende vorm (Dit het my gefok),
sowel as die lydende vorm (Nou is jy gefok),
as die hoofelement in ‘n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok, opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens
of as stam van ‘n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).
As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie ‘n fok om nie),
of as persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?),
as nabepaling by ‘n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de fok, ens.),
as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaan kry?),
as bywoord (Dis nou ‘n fokken mooi grap),
en as uitroep (O fok!).
Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik).
Dit kan ook in homself ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).
Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies te beskryf:
Verrassing: Hoe die fok gaan dit met jou?
Bedrog: Die motorhawe het my befok.
Ontsteltenis: Ag fokkit!
Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.
Aggressie: Fok jou!
Moedeloosheid: Hoe die fok moet ek dit regkry?
Walging: Fok my!
Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie.
Inkompetensie: Hy fok alles op.
Gesag: Wat die fok dink jy doen jy?
Verdwaal: Nou weet ek not ‘n fok waar ek is nie.
Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.
Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf),
of omstandighede (Hoe het ek in hierdie fokken job beland?),
of persone (Jan Fokken Smuts),
of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!),
of plekke (Tot in fokken Durban),
of dit kan die siel van ‘n uitnodiging wees wat van hartlikheid drup (Fok u!).
Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard!